Tuesday, March 07, 2006

Fotos

CD met fotos van "The Monster" is gemaak en reg om bestel te word. Heelwat is al gemaak en afgelewer so moenie uitmis nie, jy kan jou hele familie veveel met die trip.


Die CD sal outomaties begin speel, sonder om addisionele sagteware op jou PC te instaleer. Click net op die dag se eerste foto en geniet die fotos. Die prentjie onder wys hoe die fotos op die CD gerangskik is, maklik om te kry.


Die fotos is 1600x1076 pixels wat seker genoeg is vir enige slideshow en TV playback. Sal klein prints ook kan maak. As jy daai spesiale vergroting wil maak van jou in die modder, stuur my mail met die filemaam en ek sal jou die oorspronklike foto stuur. Die oorspronklike foto JPG files is tussen 3Mb en 4Mb, so wees gewaarsku, jou mailbox gaan vol wees.

www.flikr.com
Ek is besig om die beste fotos op die Flikr foto website te sit met so bietjie beskrywings en tags. Dit behoort moontlik te wees om jou naam en spoorloos in te tik en al die fotos van jouself so te sien. Dit vat bietjie werk so wees geduldig.

Dit sal gaaf wees as ons almal se fotos op die website kan sit, ek het nie quad gery nie so ek het net die helfte van die storie kon afneem. Click op die flikr badge aan die regterkant van die web page. Skakel my asb. as jy jou fotos ook wil skenk.

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

www.flickr.com
Helgard Ross' photos tagged with spoorloos More of Helgard Ross' photos tagged with spoorloos