Wednesday, February 22, 2006

"The Monster"

Die roete
Bymekaarkom voor die Spur in Boksburg. Almal opgewonde en skoon, weet dit gaan 'n lang roete wees maar was nie voorbereid vir wat alles gebeur het nie, en ek het net Condor met sleepwa bestuur!
Almal smile mooi vir die koerant fotograaf.

Pieter was klaar gereed om mense uit die moeilikheid te help. Die blou boks het baie meer as net gereedskap gehou....kon kies tussen 2 stroke en Hansa!
Middagete lanks Balfour se OKT. Het in die binnekant van draai gesit en die fietse verras.
Van bo 'n brug naby Grylingstad geneem. Ons moes wag vir 'n Yamaha Banshee wat gebreek het. Meeste van die bikes is hier afgeneem.


Eerste aand in Standerton. Daar word strafdoppe uitgedeel vir oortreeders, soos om sonder petrol te gaan staan of om laat te wees vir die trip.















Daar was net een dame wat saam met die manne gery het en sy het dit in styl gedoen. Klere pas by motorfiets, naels is mooi skoon, hare is gekam....100 maal beter as wat jy van sommige van die manne kan se.Spring weg met begeleiding die oggend uit Standerton

Langs die pad probeer ek die bikes afneem soos hul verby kom en die ouens probeer so naby as moontlik aan my verby ry, was bekommerd oor my kamera en klippe wat spat.


Blaaskans in Perdekop se hoofstraat

Het middagete by pub lanks die pad ge-eet. Kan mos nie stadig en statig daar aankom nie. Gerhard wys hoe om die bike dwars te draai in die parkering
Het onder 'n treinbrug vir die klomp gesit en wag wat soos 'n ewigheid gevoel het toe hulle deur die Amajuba pas gegaan het.

Majuba Lodge in Newcastle. Die man is 'n trotse eienaar van 'n splinternuwe quad, nadat sy geleende een nie die paal gehaal het nie. Kyk hoe maai skoon is alles nog.



Panorama net voor Bloedrivier

Tussen die waens op BloerrivierWeer oppad na 'n bymekaarkom

Die agterwiele ry lekkerder as die voorwiele. Die kinders langs die pad het Piet baie geniet, nie aldag dat hulle 'n Bul op 'n quad sien nie.
Die enigste insident was die bok wat nie vinnig genoeg kon padgee nie. John het uitgeswaai en van die quad geval. Teen die spoed het hy velle verloor en sy lyf seer. Die bok was nog lewindig, maar swaar gewond.

Na die groot skrik het almal in die rivier gespeel, afkoel was onmoontlik omdat die water soos badwater gevoel het. Het middagete ook hier geeet.
Die Nissan Sani het een of ander probleem ontwikkel en moes gesleep word. Die sleepvoertuig se trailer is aan die trailer van die Condor gehak en so het on maar deurgedruk St.Lucia toe.
Het fotos van die aand se funksie geneem en hier kry Wilhelm 'n ekstra waterbottel wat hy met petrol moet saamneem vir sy dors Banshee.

Die plan was om 'n rustige 37km x 2 trip vir die laaste dag te doen. Almal was al lekker moeg en boude was seer van sit, maar ons wou proe of die see nog sout is.
Hiet by die see het is daar al weer 75km gery en manne se gemoedere loop hoog. Daar was nie petrol saamgeneem vir so 'n trip nie.

Het eers 'n bier gedrink by shebeen terwyl ons gewag het vir petrol, Bertie se gebreekte fietse en iemand wat ons kan vertel wat aan die gang is.

Bundu bashing terug St. Lucia toe. Ons het maar op John se GPS vertrou, hy se daar is 'n pad dan moet daar mos een wees, al bou jy self jou eie brug.As Hennie jou die storie vertel sal jy dink die quad het oor hom gery, en hy was gelukkig om met sy lewe daarvan af te kom....Ek dink hy was ver van die quad af. Het mooi fotos van ouens wat val toe hulle ander een help.

Die fotos en 2000 meer is beskikbaar teen R50 ten bate van die Spoorloos quad bike klub wat amptelik gestig gaan word.

'n CD is beskikbaar van "The Monster" mail Helgard Ross at helgard999@gmail.com of bel my sommer 083 459 4052.

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

www.flickr.com
Helgard Ross' photos tagged with spoorloos More of Helgard Ross' photos tagged with spoorloos